Kerklike lisensiaat: Diakoniologie

DKN5098 Semester 1: GEMEENTEBOU

Tydens hierdie semester word die BDiv leergang afgerond. Die volgende aantal sub-modules het nog uitstaande gebly: [1] Gemeentebou as diakoniologiese wetenskap; [2] Leierskap; [3] Evangelistiek; [4] Jeugbediening; [5] Diakoniek; [6] Kerkplanting 


DKN5098 Semester 2: HERDERLIKE SORG

Verdieping van die BDiv Poimeniek (ingelsuit Pastorale Psigologie): John Bunyan se toptreffer: "Die Pelgrim se Reis" dien as raamwerk om die pastor se eintlike fokus, taak en opdrag te herwin in 'n tyd waar die menswetenskappe domineer.


DKN5098 Semester 3: "ONS DORP" PREDIKING

Verdieping van die BDiv Homiletiek: Gereformeerde prediking is 'n hart tot hart saak - wil baie graag die geloofservaring / Godservaring dien - uit die hart van God spreek, deur die hart van die prediker, op soek na die harte van eietydse mense: - "Adam, waar is jy?" - "Laat julle met God versoen!" - "en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoƫ roeping van God in Christus Jesus".